Home » Humoristiese Bosveldstories met n kinkel. by Desmond Landsberg
Humoristiese Bosveldstories met n kinkel. Desmond Landsberg

Humoristiese Bosveldstories met n kinkel.

Desmond Landsberg

Published April 13th 2015
ISBN :
ebook
Enter the sum

 About the Book 

Daar is baie mense wat met my verskil oor waar dit die lekkerste is om te bly in hierdie mooi en goeie land van ons. Ekself is ’n Bosveldmens, daar gebore, grootgeword en toe verloop omdat die stede ongelukkig baie meer bied as die Suid-AfrikaanseMoreDaar is baie mense wat met my verskil oor waar dit die lekkerste is om te bly in hierdie mooi en goeie land van ons. Ekself is ’n Bosveldmens, daar gebore, grootgeword en toe verloop omdat die stede ongelukkig baie meer bied as die Suid-Afrikaanse platteland, maar ek dring aan, my as moet in of oor die Bosveld gestrooi word na my dood.Ja ja, ek hoor julle seemense praat, by die see is dit seker ook lekker, as ’n mens soos ek die ewige geraas van die branders kan vermy. Enne..., waarom weet ek nie, maar vir my is die see ’n plek is wat ongeveer nooit lekker ruik nie. Daar is altyd die ondertone van vis wat sleg geword het of guano wat iewers lê vanweë die miljuisende seevoëls se gemis oor die hele gebied. Ek meen, waar anders doen hulle dan hulle werk? En asof dit nie al is nie, of genoeg is nie, is alles altyd taai en daar is orals daar sand, selfs op jou braaivleis. Dan is daar ook die vervlakste wind wat áltyd-en-ewig waai. Gits, ek het dan al bome gesien wat permanent skeef staan, al waai die wind nie! Dan loop staan en roes jou motorkar ook sommer so binne ’n paar kort jare sommer so voor jou oë weg tot niks.Nee wat, die sand van die Bosveld, wanneer daar droogte heers, is nie naastenby so klewerig soos seesand nie en wanneer dit nat is, stink dit nie en sit aan alles vas nie. En ja, die Bosveld is wel rof en wild, dit word warm daar, baie warm, veertig grade en meer is merendeels aan die orde van die dag, maar sy nagte is koel en daar is darem altyd ’n koelteboom. En vir wat gaan staan en lol julle mense in elk geval in die koelte as die weervoorspelling sê dit gaan veertig grade raak in die koelte? Nee, ek sê bly weg uit die koelte op sulke dae en geniet die Bosveld vir wat hy is. Daar is in elk geval baie meer te sien, asook om te geniet in die Bosveld as wat die meeste mense dink.Ander mense glo weer die Kalahari is net die plek. Wel, na my mening is die Kalahari beter as die see want eerstens is hy nie so ver van my af nie en kan jy jou vuur met ordentlike hout maak en daar is ook nie haaie nie, maar ai, hy is darem baie plat hoor. Plat soos in so plat, mens kan met ’n goeie verkyker, op ’n helder dag, teen jou eie agterkop vaskyk. Dan praat ek ook nou nie van die sandduine nie, want sandberge tel nie en die see het ook sand.Die Bosveld het egter meer bome en koppies en randjies en hier-en-daar is daar is daar jong berge ook en dit breek die platheid. Mens weet gewoonlik ook waar jy met die Bosveld staan. G’n nikse ge-hoogwater en laagwater nie. Nee, in die Bosveld het jy water of jy ry water aan, finish-en-klaar. In die Bosveld is jou water ook brak of dit is vars en as jy langer as ’n week daar bly en sweet, raak jy gewoond aan die brakkigheid van die water.Hierdie brakkigheid van die water is in elk geval die natuur se manier om die soute wat jy as gevolg van dit wat jy verloor deur te sweet, te vervang. Juis daarom dat die water na ’n tydjie nie meer vir jou brak smaak nie. Maar luister hier julle seemanne wat nou so lekker kry, ek drink liewer brakwater as daai water wat die haaie, walvisse en alle ander visse en seelewe en mense ook, hulle toiletdinge in doen. Dan weet ek vir ’n feit daar is nog ander dinge wat hulle ook in daai water doen. Bowendien sal jy nooit hoor dat een-of-ander laks munisipaliteit hulle rou riool in die Bosveld se brakwater loop staan en mors nie. Nee, hulle laat dit veel eerder in skoon riviere in loop of in strate af. Strue.Dan is daar nou die klomp wat sweer dat die Kaap net die plek is. Jy weet, daar waar Tafelberg wortel geskiet het en die mense wat daar bly die Ingelse woord “town” met “stad” vertaal het? Dis die wyn wat hulle soontoe trek seg die mense, maar nou het ek al baie gewonder, dis oor daar niks anders is nie dat hulle wyn kweek daar man. Natuurlik moet hulle dit doen om die baie mense daar besig te hou. Met ander woorde, as daar nie so baie mense was nie, was daar ook nie so baie wyn nie.